FOTO: The Street Store
Ons hou van

Mode met ’n hart – só werk straatwinkels

Ons beskou dit soms as vanselfsprekend dat daar klere sal hang wanneer ons ons kaste oopmaak – gereed om te dra. Maar wat van diegene wat nie so gelukkig is nie? Die nuwe inisiatief met die naam The Street Store gee armes die geleentheid om klere te verniet te “koop”.

The Street Store het nie mure nie en vra nie geld nie. Die plakkate dien as advertensie én hangers vir die klere, skoene en bykomstighede wat behoeftige mense kan “koop”.

FOTO: The Street Store (Neal Tosefsky)

FOTO: The Street Store (Neal Tosefsky)

Somersetstraat in Kaapstad het die heel eerste The Street Store-geleentheid gehou, maar enigiemand kan dit enige plek in die wêreld doen.

Hang dit op en help jou medemens

Die “winkel” dien as ’n opslaanwinkel vir ’n dag en is oop vir almal: enigiemand kan gaan klere skenk. Net soos in winkels is daar winkelassistente, en die produkte word selfs toegedraai. Die “kopers” is die haweloses. Dié inisiatief gee aan minderbevoorregtes ’n gevoel dat hul gemeenskap omgee en hulle ervaar die menswaardigheid, ontspanning en vrye gevoel van koop en kleinhandel.

Kayli Levitan, een van die stigters, het aan Bizcommunity gesê skenkings is nou ook makliker as voorheen omdat The Street Store in ’n openbare plek geleë is, maklik bereikbaar is en werklik enige plek opgeslaan kan word.

Lees hier van nog ’n eg-Suid-Afrikaanse winkel wat nie met geld werk nie, maar met orgaanskenkings!

FOTO: The Street Store (Neal Tosefsky)

FOTO: The Street Store (Neal Tosefsky)

Die stigterspaar, Kayli Levitan en Maximilian Pazak, het hierdie inisiatief se deure nou wêreldwyd oopgemaak. As jy jou eie straatwinkel in jou gebied wil stig, moet jy net op The Street Store se webtuiste gaan, die plakkate se kunsmotief op hul webtuiste uitdruk en ’n openbare gebied kry waar jy die klere mag uitstal.

FOTO: The Street Store (Neal Tosefsky)

FOTO: The Street Store (Neal Tosefsky)

Die doel

Kayli sê verder aan Bizcommunity dat dit nie net daaroor gaan om liggame warm te hou nie. Dit gaan ook oor die warmte wat die mense in hul harte ervaar – diegene wat gee én die wat ontvang.

Kontak The Street Store op Facebook en Twitter, of besoek hul webtuiste en blog vir meer inligting.