chicshape1
Ons hou van

Die geheim vir die perfekte figuur.

Te danke aan Chic Shapewear kan Suid Afrikaanse vroue uit die gemak van hulle huis verslankende en kontoer vleiende klere aanlyn koop by www.chicshapewear.com.  Chic Shapewear spesialiseer in die verslankende drag en wil Suid Afrikaanse vrou die geleendheid bied om reekse van reg oor die wêreld te kan aankoop.  Die reekse wat beskikbaar is sluit nie net onderklere in nie maar ook swemklere, jeans en spanbroeke. 

Daar word voorsiening gemaak vir vroue van enige vorm of grootte. Die klere is nie net verslankend en vleiend nie maar gemaklik en vir die perfekte silhoeët. Elkeen van die handlesname voorsien in ‘n ander tipe snit of styl. Die bekendste van die handelsname is Yummie Tummie wat ontwerp is deur die New Yorkse stilis Heather Thomson. Die ander handelsname sluit in Vedette Shapewear, Miraclesuit, Miraclebody, Flexees Shapewear en Lyssé Leggings.

Elke reeks se prysklas wissel maar dit sal elke sent die moeite werd wees as jy beny word deur almal wat jou ken. Die pryse wissel van R399 – R 2 400.  Jou geheim sal ook bewaar wees as jy dit uit die privaatheid van jou huis kan koop en gelukkig genoeg is om in Gauteng te woon waar jou pakkie gratis by jou huis afgelaai sal word. Jy kan ook ‘n afspraak maak om die items wat jy wil koop aan te pas by Chic Shapewear se studio in Fourways, Johannesburg.

Vir meer inligting en om ‘n afspraak te maak kontak Chic Sharewear by 087 700 6819 of info@chicshapewear.com.