Ons hou van

Die gesig van ‘n bril

“Rachel verpersoonlik ons handelsmerkwaardes: sy is ongelooflik stylvol, talentvol, koel, prettig en sexy,” lui ‘n verklaring deur Luxottica, die sonbrilwinkel se Italiaanse moeder-maatskappy. In die nuwe advertensieveldtog dra Rachel ‘n diamanté-versierde Versace-sonbril (R2 590). 

Vir meer inligting, skakel 021 486 6200 of besoek www.sunglasshut.co.za