Karin Gerber na haar mooimaaksessie FOTO: Veronique Mills

Karin Gerber na haar mooimaaksessie FOTO: Veronique Mills

Ons hou van

Kies só jou klein swart rokkie #SARIEstyl

Die einde van die jaar is net ’n klipgooi ver en dít beteken dis partytjie-tyd – jaareindfunksies, Kersfees en Nuwejaar. Die klein swart rokkie (little black dress) is baie veelsydig en altyd ’n goeie keuse!

Koop jou klein swart rokkie volgens jou liggaamsbou. (Lees HIER om uit te vind watter lyfvorm jý het!)

PEER

’n Halternek-rok sal jou skouers beklemtoon wat jou heupe smaller sal laat lyk.

PETITE

’n Slooprokkie sal mooi by jou pas. Die skoon lyne laat jou langer lyk, veral een wat jou net bo die knie sny.

APPEL

Skep vir jouself ’n slank middel deur ’n rokkie wat om die middel bind, soos ’n oorvourok.

KURWES

Beklemtoon jou bates met ’n V-lyn neklyn. Dit trek die oog na onder wat jou middel kleiner laat lyk. Kies ’n rok met stywe panele wat jou figuur mooi vlei.

VOLLER FIGUUR

’n Oorvourok pas mooi by elke lyfvorm, maar veral vir die voller figuur. Dié rok beklemtoon die dunner areas van die liggaam en sit losser om jou onderlyf.

Ons gunsteling-swart nommers uit die SARIE-winkel

    • Trend: Kant en deursigtig

Lace Dress In Black (links) en Midi Lace Dress (regs)

Mesh Dress (bo)

Tea Circle Dress (links) en Skater Dress With Lace And Mesh Black (regs)

    • Vir die voller figuur
(klik op die foto om te koop)

En vir om die swembad en op die strand

Addisionele bron: Fitness Magazine