Ons hou van

Wikkel jou in styl toe

Dié Kaapse ontwerper het twee jaar gelede met die konsep begin, en saam met drie naaldwerksters in ‘n ateljee in Woodstock hierdie ongelooflike kledingstukke die lig laat sien. Die slim snit laat jou toe om self vele ontwerpe te skep. Die eksklusiewe reeks is van katoen van top-gehalte gemaak en is gesofistikeerd en stylvol. Vir meer inligting kan jy die webwerf www.charlieh.biz  besoek.