11b_32_10785_sin_jpg_650
Ons hou van

Die peplum-silhoeët

Al hoe meer Hollywood-sterre word in ’n peplum gesien, daarom was ons bly om by die Kaapstad Modeweek dié item op die loopplank te sien. Die plaaslike ontwerper Thula Sindi het in sy nuwe reeks die silhoeët geskep met snyershemde wat van die middel af uitklok soos ’n oorromp.

Die peplum-silhoeët kan onder meer geskep word deur hemp-, romp- en rok-ontwerpe.

Die peplum is ’n pragtige vroulike snit vir die uurglas-figuur. Dit plaas die aandag op ’n smal middellyf en laat só die figuur slanker vertoon. Die illusie kan verder versterk word deur die styl saam met hoë hakke te dra.

  • AMANDA

    Die peplum – my gunsteling styl gewees in die 80’s – bygesê toe ek nog die lyfie daarvoor gehad het.

    Wat trek mens aan as jy baie kort is, dik dye het, dunnerige middel, maar groterige maag? Half en half vierkantig en baie kort. Nie ‘n peer nie, nie ‘n appel nie – gewoon ‘n vierkant?