Ons hou van

Die regte sonbril

Dra dié vlieënier-styl sonbril saam met ‘n wit top van rek-katoenmengelstof (R180), Inwear @ TRUWORTHS. Wit palazzo- broek van linne met groen band (R1 499), Habits. Groen ballet-styl skoene met Afrika-motief (R350), Ninon. Kleurryke sy-serp (R399), Mari and Me.

In ons Mode & Skoonheid Somer 2011-bylae (by die Oktober-uitgawe), is die beskrywing vir die vlieënier-styl sonbril op bladsy 18 verkeerd. Dit moet wees: Bruin vlieënier-styl sonbril (R1 249), Michael Kors @ Moscon Optics. Vir meer inligting oor dié sonbril, kontak Moscon Optics op 011 483 8001.