Ons hou van

Iets vir die man in jou lewe

Die Victoriaanse heer was elegant, ridderlik, en stylvol aangetrek. In ‘n era toe almal hul bes probeer het om konvensioneel te wees, het hierdie mans pragtige juwelierstukke gebruik om hul persoonlikheid te weerspieël.

Die jonge Anna, ‘n bedrewe juwelier met ‘n graad van Stellenbosch en praktiese ervaring by die modehuis Chloé, het al hierdie aspekte in gedagte gehad met die ontwerp van haar juweliersware vir mans. Haar reeks is tradisioneel maar met ‘n byderwetse speelsheid wat dit aantreklik maak vir die moderne man wat sy uniekheid ten toon wil stel.

Hierdie reeks (nes alle SMITH-ware), is alles met die hand bymekaar gesit en is meestal van sterling-silwer en koper .

Besoek www.smith-jewellery.com as jy meer wil uitvind.