pro2
Ons hou van

Die trouseisoen se mooiste rokke

Voornemende bruide – goeie nuus! Dié Spaanse trourok-ontwerphuis se 2013-reeks is nou beskikbaar by hul winkel in Johannesburg. En die grootste trend is beslis blomme!

Die ongelooflike detail van elke rok sorg vir iets spesiaals vir élke bruid. Ons hou van hoe daar gedink word oor kleurpalette wat lig reflekteer, die gebruik van kralewerk, pêrels, kant, strik- en blom-detail.

Die ‘dubbel-rok’ is nóg ‘n groot trend. Tydens die seremonie dra die bruid ‘n rok met ‘n dramatiese volromp van tulle, maar tydens die onthaal word dié boonste laag uitgetrek om ‘n vleiende styfpassende meerminstyl-rok te ontbloot.

Die reeks is uiteenlopend – van klassieke style met ‘n sleep tot knielengte rokke, ook moulose- en asimmetriese style.

Kry inspirasie op hul webtuiste, www.pronovias.com, of besoek die winkel in die Michelangelo Towers Mall, Johannesburg. Vir meer besonderhede, kontak 011 784 2000.

Klassieke, romantiese trourok met prominente sluier.Sagte, deursigtige materiaal wat die illusie skep van 'n neklyn.