kate_pop_wenner2_1_
Ons hou van

‘n SARIE.com-uitrusting vir Kate!

Denise Simons van Steenberg is die wenner met haar keuse van die Holly-rok (R595) van Colleen Eitzen.

Om die prentjie te voltooi, stel SARIE-moderedakteur Amaria Carstens die blou Lizelle-hofskoen voor,’n klassieke styl van Sam Star (R750). Kate is juis bekend vir haar klassieke skoenkeuses en ‘n hak beklemtoon haar pragtige lenige bene.

Lizelle-skoen van Sam Star by sarie.com

Kate is bekend daarvoor dat sy dieselfde items weer en weer dra, maar dit regkry om nuwe lewe daaraan te gee deur met ander items en bykomstighede te meng en pas. Só is die klassieke Manhattan-oorbelle (R320) van Yewa ook die perfekte bykomstigheid om dit mee te doen. 

Manhattan-oorbelle van Yewa by sarie.com

En die swart elkedag-handsak (R350) van Intershu sal haar maklik van een geleentheid na ‘n ander op dieselfde dag neem.

Elkedag-handsak van Intershu by sarie.com

WAT WEN DENISE?

Denise wen 25% afslag op haar volgende aankoop op sarie.com. Hou sarie.com dop om uit te vind wie julle volgende keer moet aantrek . . .