Ons hou van

Die wit hemp – inspirasie uit ‘n man se kas

Charlize Theron en haar wit hemp op ons voorblad van Januarie 2012

“Niks is sexier as ‘n kraakvars wit hemp nie. Elke vrou kan haar eie unieke stempel daarop sit.”, Michélle van Breda

Milan Murray Aktrise, Milan Murray, pryk op ons voorblad van Oktober 2006 in ‘n wit hemp.    
Kirsten Dunst Kirsten Dunst dra haar with hemp saam ‘n tuxedo by die 2011 CFDA-modetoekennings.   
Sharon Stone Sharon Stone dra ‘n wit hemp by satynromp by die 1998 Oscars-seremonie.    
Audrey Hepburn Die legendariese aktrise Audrey Hepburn het al in 1955 in haar wit hemp verskyn.   

Koop vir jou ‘n wit hemp:

 Die ikoniese wit hemp, Miss Jones

“Die nousluitende wit hemp bly ’n klassieke mode-item, maar wat óns wit hemp spesiaal maak, is die detail. Die gestruktureerde kraag, wat effens opstaan, gee die hemp sy trefkrag en raam jou nek. Die noupassende snit is vleiend (pylnate sorg vir ’n uurglas-silhoeët) en knopies langs die kante, wat losgemaak kan word, sorg dat jy die hemp losser kan dra of dit voor kan knoop. Toegeknoop is dit perfek by jeans. My gunsteling is die oorgroot mouboordjies wat hierdie wit hemp ook elegant maak vir die kantoor.” – Chris Viljoen, modedirekteur

Die ikoniese wit hemp, Miss Jones

 Strikdas-hemp, Danielle Margaux

 

“Ongewoon, pragtig gesny en gestik. Dis die vrou se weergawe van ’n formele manshemp, en net so mooi by ’n tuxedo as by jeans.” – Chris Viljoen, modedirekteur

Strikdas-hemp, Danielle Margaux

 Sagte wit hemp, Danielle Margaux

“Omdat hierdie styl ontwerp is om bo-oor iets anders te dra, kan jy dié hemp as ’n elegante plaasvervanger vir jou oopknooptrui gebruik. Dit bied die perfekte kombinasie van deurskyn en wegsteek. Wys jou arms sonder dat jy hulle regtig wys.” – Chris Viljoen, modedirekteur

 

Sagte wit hemp, Danielle Margaux

 Loslit wit hemp, Label Femme

“Hierdie gemaklike nommer is net reg vir elke dag se rondhardloop. Dra dit bo-oor jeans of ’n spanbroek wanneer jy die kinders moet gaan oplaai of inkopies gaan doen. Let net op: dis ‘n baie noupassende styl.” – Chris Viljoen, Modedirekteur

Loslit wit hemp, Label Femme

  • Helena Graham

    n Wit hemp is nou maar net n moet in enige vrou se kas. Sorg dat jy n eenvoudige kortmou hemp en ten minste twee langmou hemde het en jy is reg as jy gou moet aantrek en nie baie tyd het om te dink nie. Ek dra myne soms met een van my seuns se ou strikdasse wat hulle op skool in die koor gedra het, n donkerblou een. Dan het ek ook nog my Oupa se ouderlingsdas van baie jare gelede en dit verrig wondere. n Wit hemp bly bobaas.