Ons hou van

Diesel-eiland

In 2010 het Diesel vir ons gesê “Be Stupid” en nou,
in 2011, sê hulle vir die “stupid” mense om na
Diesel-eiland te verhuis. Hier kan enige
kreatiewe individu tuis voel.

Die advertensies wys hoe die eerste pioniers
op die eiland aankom. Dit wys ook hul avonture
en
uitdagings soos huis bou, landerye
oes en natuurlik partytjie hou . . . Dis byna
soos die televisiereeks Lost, maar met beter
klere en minder drama.

Diesel maak gebruik van ‘n hele paar multimedia-inisiatiewe
soos YouTube-video’s, burgerskap
op die eiland via Facebook, video-speletjies,
en selfs ‘n seerower-radiostasie.
Op die Dieselwebwerf kan jy nog video’s kyk,
ander burgers ontmoet en natuurlik die
eiland-vriendelike klere koop via die internet-
katalogus.

Vir jou kaartjie na die Diesel-eiland, skakel
011 630 4000.

 
Warriors Flag2