IMG_5141
Ons hou van

DIY-Donderdag: Hang jou halssnoere só

Terwyl jy dit aanhet, kikker dit jou uitrusting op. Maar dit is wanneer jy dit in die oggend soek voordat jy by die deur uithardloop en al jou halssnoere inmekaar gekoek is, dat jy wens jy het dit só opgehang. 

Een ding wat ons beslis geleer het, is dat jy nooit die moontlikhede van ’n klerehanger moet onderskat nie (klik hier om te kyk na verlede week se DIY-Donderdag). Vandag se DIY is beslis ’n waardevolle oplossing vir al daardie tye wat jy moes sit en die gespe van ’n halssnoer soek tussen ander hangertjies.

Stap 1

’n Ou hout-klerehanger en duimspykers is wat jy nodig het vir dié projek. Ons het hierdie ligkleurige hanger gekies, omdat dit mooi vertoon. Kies duimspykers wat uitstaan en nie die gewone silwer spykers met die plat kop nie.

Kap die duimspykers in die hanger in jou gekose vorm. Ons het 6 eweredig-verspreide spykers ingeslaan. Laat maar ’n redelike spasie tussen elke spykertjie.

Nóg ’n DIY – maak jou eie blinkerskoene

Stap 2

Stap 2: Hang jou halsnoere op (Luzanne van der Watt)

Stap 2: Hang jou halsnoere op

Hang jou halssnoere op!

Top-wenk: Groepeer in verskillende style of kleur-skemas.

Stap 2: Hang jou halsnoere op (Luzanne van der Watt)

Stap 3: Jou eindproduk

Kry pragtige halssnoere in die SARIE-winkel! Kyk, klik, koop.