Jou eindelose opsies deur een tou-knoop aan te leer

Ons hou van

DIY-Donderdag: Maak jou eie bykomstighede – uit tou!

Bonkige tou-halssnoere is deesdae oral te sien: van Pichulik se Suid-Afrikaanse ontwerpe tot op die Amerikaanse loopplanke van Proenza Schouler! Ons wys jou hoe om jou eie kopband, belt, armband én halssnoer uit tou te maak …

Benodighede

  • Tou. Kry dit sommer by jou ysterwarewinkel. Onthou die dikte van die tou bepaal hoe bonking jou bykomstighede gaan wees.
  • ’n Skerp skêr
  • Kleefband
  • Gomgeweer

Wat jy gaan nodig hê

Stap 1

Knip jou tou in 6 dele wat ewe lank is. Meet hoe lank jy jou belt, armband of halssnoer wil hê en voeg 15cm by.

Verdeel die tou in twee dele van 3 stringe elk.

20140213_111459

Stap 2

Lê die die drie toue netjies langs mekaar neer en bind dit hier en daar aanmekaar met kleefband. Dit sal help om die punte by mekaar te hou terwyl jy dit knoop.

Stap 3

Kruis die punte van elke groep toue oor mekaar sodat jy twee individuele strikkie-vorms het (soos die pienk borskanker-strik).

Plaas dié twee vorms op mekaar sodat die kruis van elkeen in die middel van die ander se sirkel is – sien die foto, en plaas jou vorms net so op mekaar.

Stap 4 en Stap 5

Hierdie knoop wat jy gaan maak, gaan oor die prinsiep dat elke tou se punte onder en oor die ander tou wat met hom kruis, gevleg moet word.

Neem die tou wat lê se boonste punt en vleg dit onderdeur die tou wat onder lê. Vleg hom dan oor die volgende tou wat hy kruis, en dan weer onderdeur die volgende.

Stap 6 en Stap 7

Maak seker die bopunt van die onderste tou aan jou linkerkant is ook  bo-oor, onderdeur en bo-oor al die ander toue wat hom kruis, gevleg. Die boonste punt aan jou linkerkant moet dus bo-oor die laaste tou lê wat dit kruis.

Stap 8

Neem nou die punte aan jou regter- en linkerkant en trek die knoop styf.

Jou eindproduk

Jy kan nou self besluit waarvoor jy hierdie projek wil gebruik! Ons het hierdie 3 voorbeelde (sien foto’s onder) vir jou gemaak, maar jy kan ook kyk na moontlikhede soos ’n kopband en ’n handsak- band.

Verder kan jy na ’n krale- of materiaalwinkel gaan vir gespes en krale wat jy aan die knoop kan werk.

20140213_114500

Té moeilik?

Kyk hierdie kort video wat vanaf stap 3 vir jou verduidelik hoe om hierdie knoop te maak:

Hou jy van DIY-projekte? Deel dit met ons! Stuur foto’s van jou projek aan lucelle.hough@sarie.com en jou projek kan op ons webwerf verskyn.