Jennifer Lawrence op die voorblad van Dior Tydskrif

Ons hou van

DIY-Donderdag: Maak jou eie dubbele pêrel-oorbel

Dior se pêrel-oorbel het ’n nuwe trend begin – die dubbele oorbel. Ons mode-span maak hul eie. Probeer saam met ons dié DIY-projek!

Benodighede

  • Gomgeweer
  • Een nuwe naeltjiering of oogring. Jy kan dit vir goedkoop by enige juweliershandelaar of R5-winkel koop
  • 2 kunspêrels – die een moet heelwat groter wees as die ander een
  • 1 rubber-agterkant van ’n deursteek-oorbel. Dit moet van deurskynende rubber gemaak wees

benodighedeMaak só

Verwyder die twee balletjies van die oogring (dit draai gewoonlik los).

Stap 1 en Stap 2

Gebruik die gomgeweer om die klein kunspêrel aan die een punt van die oogring vas te plak. Die kunspêrel is ’n kraal, so dit sal ’n gaatjie hê – vul dáárdie gaatjie met gom.

Stap 3

Neem nou die oorbel-agterkant van rubber en draai dit stewig in die groot kunspêrel se gaatjie vas.

Jou eindproduk

Die groot kunspêrel werk dus as die kleiner kraal se oorbel-agterkant.

WENK: Ons het besluit om ’n oogring te gebruik omdat dit ’n klein ronding het. Sodoende wys die agterste kraal, want dit krul vorentoe. Hierdie projek sal ook werk as jy reeds kunspêrel-oorbelle het. Jy kan dus stappe 1 en 2 uitlaat en net die groot agterkant maak. Let op dat die agterste oorbel baie groot moet wees sodat jy dit van voor af kan sien.

Jennifer Lawrence op die voorblad van Dior Tydskrif

Jennifer Lawrence op die voorblad van Dior Tydskrif

Cara Delevingne in 'n fotosessie vir Vogue

Cara Delevingne in ‘n fotosessie vir Vogue