Ons hou van

DIY-Donderdag: Haute couture-sonbril

Die Paryse Modeweek maak binnekort klaar en ons is geïnspireer deur die haute couturemodes. Ons het dié inspirasie gebruik om ons eie sonbril ’n tikkie ekstra flair te gee.

Benodigdhede

  • Sonbril (verkieslik een met ’n dik raam)
  • Gomgeweer
  • Kunspêrels (of enige krale van jou keuse)
Jou benodighede

Jou benodigdhede

Maak só

Begin by die een punt van die raam en sit gom op die bril. Druk die pêrels styf vas totdat die gom droog is.

WENK: Wag totdat die gom in jou gomgeweer warm geword het voord jy dit gebruik.

Die eindproduk

DIY sonbrilSARIE se kosredakteur, Herman Lensing, het so baie van die bril gehou, dat hy dit sommer in ons kantoor aangepas het.

Herman Lensing

Herman Lensing met ons DIY-bril

Kyk ook deur ons galery om te sien watter modieuse sonbrille in ons SARIE-winkel beskikbaar is