FOTO: Die R10-halssnoer

Ons hou van

DIY-Donderdag: Maak die R10-halssnoer

Trofee-halssnoere is oral! Hulle is te koop in verskillende kleure, prysklasse en materiale, maar het jy al gedink aan die halssnoer wat jy in minder as 10 stappe kan maak én goedkoper as R10 is?

Wat jy gaan nodig hê

Wassers is beskikbaar in goud en silwer, hoewel die silwerkleurige wassers goedkoper is (sowat R4,20 vir 12). Die lint se kleur hang ook van jou af.

FOTO: Wat jy gaan nodig he

FOTO: Wat jy gaan nodig hê.

Stap 1

Ryg die lint deur die wasser. Die eerste wasser wat jy inryg, moet naby aan die punt wees, maar laat genoeg spasie vir die lint om agter jou nek vasgemaak te word. Die wassers se posisie op die lint kan nie later geskuif word nie.

Stap 1

Stap 1

Hoe om jou somer-serp te dra!

Stap 2 en Stap 3

Vir jou tweede wasser moet jy die lint van bo af inryg en deur die onderste wasser ook ryg.

Stap 4 en Stap 5

Stap 4 wys hoe jou twee wassers nou moet lyk. Ryg die lint weer deur die boonste wasser.

Hang jou halssnoere só op!

Stap 6

Jou twee wassers moet nou só lyk. Begin die proses weer van voor af.

Stap 6

Stap 6

Stap 7

Hoe ons halssnoer gevorder het.

Stap 7

Stap 7

Klik hier om ’n sonbril vir jou gesigvorm te kies!

Jou eindproduk

Jy kan self kies hoe jy jou halssnoer wil vasmaak. Knip die lint korter en brand ook die punte. Ons het die strikkie aan die voorkant van die halssnoer gemaak, maar jy kan dit ook agter jou nek vasmaak of selfs ’n juweliershakie aan die punte vaswerk.