FOTO: Die Kragie- halssnoer

Ons hou van

DIY-Donderdag: Maak jou eie kraag-halssnoer

SARIE-leser Nicola Botma (20) van Johannesburg het dié kraag-halssnoer self gemaak.

Kraag-halssnoere is steeds groot nuus in die modewêreld – en met goeie rede. Dit kikker vinnig ’n bloes of rok op. Maar gewoonlik is ’n mooi kraag-halssnoer nogal duur. Nicola het dié een vir R10 gemaak.

Benodighede

  • Papier
  • Materiaal
  • Skêr
  • Materiaalgom
  • Vislyn
  • Krale van jou keuse

Stap 1

Sny die vorm van jou kraag-halssnoer uit. Dit werk makliker as jy dit eers uitsny in papier wat jy dan as patroon gebruik om die vorm in materiaal uit te sny.

Jy kan enige soort materiaal gebruik – die krale sal die materiaal swaar genoeg maak sodat dit nie opwaai of oorvou nie.

  • Wenk: om jou vorm gelyk te kry, vou die papier in die helfte en sny die helfte van die vorm uit. Jou rondings sal dan albei kante dieselfde wees.
FOTO: Stap 1

Sny eers die vorm in papier uit

FOTO: Stap 2

Sny dit dan in materiaal uit (regs)

Stap 3

Ryg vislyn deur die krale en plak dié halssnoer op die rand van die kraag vas.

Materiaalgom werk die beste vir dié projek. Omdat dit kleurloos droog raak, maak dit nie saak as jy ’n bietjie morsig werk nie.

2014-01-30 08.53.45 1

 

Stap 4

Nicola het materiaalgom oor die oop oppervlak gesmeer en die krale daarop vasgedruk. Jy kan ook patrone soos blommetjies of lyne met die krale uitpak.

FOTO: Stap 5

DIY- Donderdag: Hang só jou halssnoere op!

Stap 5

Werk ’n lint aan die punte van die halssnoer vas.

FOTO: Stap 6

 

Die eindproduk!

FOTO: Die Kragie- halssnoer

FOTO: Die Kragie- halssnoer

Kyk hoe baie lyk dit na die kraag-halssnoer in ons winkel!

FOTO: Pearl Bib Necklace

FOTO: Pearl Bib Necklace in die SARIE- winkel

Hou jy van DIY-projekte? Deel dit met ons! Stuur foto’s van jou projek aan lucelle.hough@sarie.com en jou projek kan op ons webwerf verskyn.