Ons hou van

Emporio Armani raak romanties

Dié Italiaanse modehuis het onlangs ‘n video vrygestel om hul Lente/Somer 2013-reeks te bemark, en dit sal jou vir ure aaneen laat dagdroom oor misterieuse liefdesverhale.

Die mediterreense landskap, asemrowende natuurtonele en sagte klaviermusiek in die agtergrond resoneer perfek met die modehuis se elegante nuwe reeks.

Model Daga Zïober lyk statig in haar Armani snyerspak

Die video spog met vyf top-modelle: Anaïs Pouliot, Daga Zïober, Patricia van der Vliet, Marlon Teixeira en Arran Sly. Die romantiese grimering en afronding dra by tot die dromerige gevoel.

Gaan besoek hul Facebook-bladsy vir nog foto’s.

Kyk gerus na die volgende video, en raak verlore in die bekoorlike landskap: