sr0907mode14
Ons hou van

‘n Etniese voorkoms

O, so begeerlik! Die meeste van ons kan maar net droom … Nietemin, hier is ‘n voorsmakie van wat gaan kom vir Somer 2009. Jimmy Choo se somer-2009-reeks is reeds in winkels beskikbaar. En die inspirasie uit Afrika is sigbaar, wat ‘n groot invloed op alle somermodes gaan hê.

Een van Jimmy Choo se nuwe skoen- & handsakreeks is deur die Masai-stam geïnspireer, met die gebruik van krale, kleurryke steke en eksotiese leer. Die Claudia-skoen maak gebruik van krale en kleur (R14 500), en motiewe en patrone is sterk sigbaar in die Kaja-handsak (R25 530).

Die gemak van genoemde skoene aan jou voete is ongelooflik, g’n wonder dis so gewild onder internationale sterre nie.

Vir meer inligting kontak 021 418 8506. Of besoek die webtuiste: www.jimmychoo.com