Ons hou van

Grootmens-speelgoed

Lorenz Bäumer, die meester-ontwerper agter die gelukbringers, hou die tradisie van Louis Vuitton hoog met dié tydlose ontwerpe. Die toy charms is gemaak van goud, pêrels, diamante en saffiere en gee ‘n blik op die verbeelding van ‘n kind.

Daar is agt verskillende hanggoedjies – jy kan net een of al agt in ‘n tros om jou pols dra. Dink daaraan as ‘n herinnering of ‘n simbool van ‘n geliefde na aan jou hart.

Die toy charms is beskikbaar deur Louis Vuitton se webtuiste (prys op aanvraag), of doen navraag by hul winkels om dit van oorsee te laat bestel. Skakel 011 784 9854 of 021 405 9700.