Mayhem tydens ’n fotosessie vir Cincinnati Magazine. FOTO: Instagram

Ons hou van

Hierdie 4-jarige maak haar eie rooitapytrokke – uit papier!

As daar nou een les is wat ons van kleine Mayhem kan leer, is dat elke dag ’n geleentheid is om jou droomrok te dra …

Mayhem se ma, Angie, het aan haar dogter dié bynaam gegee toe Angie en haar suster ’n blog begin het. Sy wou haar dogter se privaatheid in hierdie blog beskerm, minwetend dat hierdie naam haar dogter se persoonlikheid redelik akkuraat sou opsom.

Angie vertel dat Mayhem gereeld in haar kas ingevaar het en haar klere aangetrek het. Nadat Angie vir die soveelste keer haar klere weer moes terugpak, het sy aan Mayhem gesê dat hulle met papier moet begin klere maak.

FOTO: Instagram

FOTO: Instagram

Mayhem het nou ’n gewilde Instagram-profiel van al haar papierklere en ook ’n webtuiste, Fashion by Mayhem.

Mayhem, soos sy nou algemeen bekend is, volg ook die nuutste trends, televisieprogramme en rooitapyt-geleenthede. En die beste van als? Mayhem maak regtig hierdie rokke self!

Kyk net na die rokke van dié talentvolle 4-jarige

Die werklikheidsreeks Project Runway

Taylor Swift by die Amerikaanse Musiek-toekennings

En natuurlik, hierdie jaar se toekenningseisoen se gewildste aandrokke

Jennifer Lawrence by die Golden Globes

Lupita Nyong’o by die Golden Globes

Katy Perry by die Grammy’s

Hoe oulik is dié kleinding nie?

Die rooi tapyt van die toekenningseisoen op SARIE.com