lady_dior
Ons hou van

Ikoniese handsakke

In ‘n reeks van 4 kortflieks met die silwerdoekster Marion Cotillard speel dié Lady Dior-handsak die hoofrol. Die eerste fliek is reeds te sien terwyl die storielyn van die tweede fliek in die reeks stuk-stuk op die Lady Dior-blad op die sosiale netwerk Twitter ontvou. As jy op die webtuiste registreer, kan jy ‘n eksklusiewe voorsmakie kry.

In 1935 het die Franse leerware-huis Hermès ‘n leerhandsak bekend gestel. Dit het later bekend geword as die legendariese Kelly-handsak, genoem na Grace Kelly, oftewel Prinses Grace, omdat sy gedurig met een gesien is. Dis hoeka sy wat ‘n Hermès-syserp – nog ‘n legendariese Hermès-produk – as hangverband vir haar gebreekte arm gebruik het.

Nog ‘n Hermès-handsak, die Birkin, is “gebore” omdat die aktrise Jane Birkin die Kelly-handsak as onprakties beskou het en ‘n nuwe handsak ontwerp het saam met Hermès-grootbaas Jean-Louis Dumas. Dié handsak is vandag steeds ‘n topverkoper en het die langste waglys van alle Hermès weeldeprodukte. ‘n Kliënt kan tot 6 jaar wag vir haar Birkin!

Louis Vuitton Speedy

Nog ‘n ikon is die Louis Vuitton Speedy met die klassieke lyne
en bekende LV-naamletters. Dis “gebore” in die dertigerjare en
is vandag nog die ideale keuse vir ‘n stadsmeisie wat alles
byderhand wil hê. Dis beskikbaar in 4 verskillende groottes.

En dan is daar die Chanel 2.55 – só genoem omdat dit in die tweede maand van 1955 bekend gestel is.

Chanel 2.55 is vandag nog &aposn trefferChanel 2.55

Coco Chanel het self hierdie gesofistikeerde handsak met kwilt-afwerking en ketting-skouerband ontwerp. Sy was moeg daarvoor om haar handsak altyd in haar hande rond te dra en skep toe die eerste skouerbande vir vroue. Die dun skouerbande van soldate se sakke was haar inspirasie. Sy het ‘n wynrooi voering gekies omdat dit herinner aan die uniform wat sy as kind in die weeshuis gedra het.

Chanel het ook so ‘n week gelede hul nuwe Chanel Coco Cocoon-handsakreeks, met Britse sangeres Lily Allen as die gesig, bekend gestel – dié keer met ‘n rooi voering. (Blykbaar het Coco Chanel geglo dat dié kleur dit maklik maak om enigiets in jou handsak te vind.) Die sakke is omkeerbaar en het ‘n pofferige leer-afwerking. Mode-ontwerper en fotograaf Karl Lagerfeld – self ‘n ikon – was agter die lens vir dié advertensieveldtog.

Lily Allen vir Chanel Coco Cocoon

Nog ‘n agter-die-skerms-kykie

  • http://parwcvmyzdzy.com/ hivahwpbdl

    56agZ0 gcqpsirnbwxr, [url=http://stemjqlslidr.com/]stemjqlslidr[/url], [link=http://fepmwsckklpl.com/]fepmwsckklpl[/link], http://profmmhbbmze.com/