nj_antrekk3_28
Ons hou van

Jarebrink se moderne en onvoorspelbare nuwe reeks

Nina Jarebrink was geinspireer deur die 1946 film noir, The Killers, vir haar Herfs/Winter 2012 reeks so dit dien as geen skok dat vele vrouens aanklank vind by hierdie reeks nie. Die kleure is terselfdetyd lig en warm, terwyl hierdie kontras in die materiaal self ook gevind kan word.

En dit wérk. Jarebrink kry dit reg om vreesloos te speel met teksture en verskillende style soos sy gesofistikeerde en getaleurde klere oplewer. Hierdie nuutste reeks van Jarebrink kombineer sensuele silhouette met dramatiese volume. Die kleurpalette is ’n donker swart wat gebruik word as basis en dan bottel groen, roomerige wit, goud en grys.

Ons hou van die klassieke, tydlose aspek van haar uitrustings, maar hoe dit uitdagend, onvoorspelbaar en modern is. Nina Jarebrink het vele bekende vrouens wat haar reeks getrou dra en het onlangs uitgebrei na Duitsland, Belgie, Nederland, Australie, Frankryk en Brittanje. As jy smag na die mooi en gevaarlike kombinasie soos gevind in die 1946- aktrise van The Killers, Kitty Collins, is hierdie reeks een om jou hande op te kry!

Nina Jarebrink is beskikbaar by uitgesoekte handelaars. Vir meer inligting skakel Brandgroup International op 011 440 3235.