FOTO: Jessica Chastain op die voorblad van Vogue se Desember 2013 uitgawe

FOTO: Jessica Chastain op die voorblad van Vogue se Desember 2013 uitgawe

Ons hou van

VIDEO: Jessica Chastain ontlont ’n ongemaklike situasie

Jessica Chastain, die regisseur Matthew Frost en Vogue het bietjie gek geskeer met mense se obsessie met celebs en tegnologie. Kyk na die snaakse video hier!

Die mode-tydskrif Vogue se Amerikaanse weergawe skiet met elke voorbladster ’n oulike kort video om dié ster se menslike kant ook te wys. Hul Desember voorbladgesig, die bekroonde aktrise Jessica Chastain, se video het ons omtrent aan die lag!

Jessica lyk pragtig op die voorblad van dié tydskrif (hooffoto) en die bekroonde fotograaf Annie Leibovitz het prag-foto’s van dié aktrise binne die tydskrif ook geneem.

FOTO: Annie Leibovitz / VOGUE

FOTO: Annie Leibovitz / VOGUE

In die video sit Jessica op ’n bankie terwyl sy koerant lees en koffie drink. ’n Man kom sit ongeërg langs haar, maar besef vinnig dat hy langs ’n bekende aktrise sit. Hy stuur ’n boodskap aan iemand aan die ander kant van sy selfoon en dié persoon moedig hom aan om ’n foto van Jessica met sy selfoon te neem. Jessica is egter nie onbewus van wat hy wil doen nie, en dan verras sý hom … Kyk dié video hier:

Vogue se November-voorbladgesig, Kate Winslet, het ook ’n oulike video geskiet waarin haar menslikheid uitkom. Kyk na dié video hier.

Kry Jessica se uirusting in ons SARIE-winkel

Skater mini skirt en Court shoes with heart design