Ons hou van

Jollie juweliersware

Sy’t asems weggeslaan: Op 23 Januarie het Stefania Morland haar herfs-winter 2009-reeks by die Audi Modeweek bekend gestel. Alles, van die natuurlike stowwe tot die fyn detail aan elke kledingstuk, was ‘n toonbeeld van egte sofistikasie.

Die modelle se elegansie is aangevul met speelse juweliersware. Dís wanneer jy besef blink goedjies is nie slegs die finale afronding nie, maar kan ook ‘n uitrusting interessanter maak. Die voëltjies van leer op ‘n lang skakel-halssnoer (R2 200) is reeds in die winkels. Die fluweel-halssnoer met halfedelstene (R2 500) en die strikdas-halssnoer van fluweel met halfedelstene (R2 200 – R2 500) kom nog. Kyk daarvoor uit vanaf middel-April.

Stefania het in November 2005 haar winkel in Kloofstraat, Kaapstad, geopen. Sy is al vir 20 jaar ‘n modeontwerper. Die ondervinding hét sy dus om self haar materiale van regoor die wêreld uit te kies en gehalte te verseker. Vir meer inligting: 021 422 2609; www.stefaniamorland.com