Ons hou van

Jong mense met talent

‘n Uiltjie as beeldhouwerk wat ook as halssnoer gedra kan word, en ‘n klein silwerbeeldhouwerk van ‘n gholfsak en gholfstokke wat ook as borsspelde kan pryk, was onder die wen-inskrywings in ‘n wedstryd vir voornemende kunstenaars.

Die uitdaging wat die Thuthuka-juweliersontwikkelingsprogram aan studente gerig het, was om ‘n driedimensionele beeldhouwerk te skep wat ook as ‘n juweelstuk kan dien. Die tema: Objects d’Art/Integration.

Studente wat deel is van die program word onder meer toegerus met vaardighede om hul eie onderneming te begin en bestuur. Hulle kon in 3 afdelings inskryf: ringe, halssnoere en borsspelde.

Ari Papageorgiou van die Universiteit van Johannesburg het met die uiltjie die prys vir die wen-halssnoer verower, terwyl Siyabonga Cele van die Durban Universiteit van Tegnologie die prys in die afdeling vir borsspelde met sy klein silwergholfsak en -gholfstokke opgeraap het.

Vir meer inligting, kontak: Carola Ross by 011 726 2502 of stuur e-pos na carolaross@mweb.co.za.