sr1007mode02
Ons hou van

Jou moet-hê vierkantige top

Dis die ideale oorgroot item. Dis gemaklik en lank sodat jy dit saam met ’n spanbroek as top kan dra of saam met hakskoene en ’n belt as rok. – Danica Lepen van Black Coffee

IN DIE FOTO:
Grys vierkantige top (R650), Black Coffee. (By Edgars is daar ’n soortgelyke top vanaf R229,95.) Swart spanbroek met slangvel-patroon (R219,95), Rage. Swart leer-armband met klinknaels (R590), Jo Borkett. Swart hakskoene van kuns-suède (R349), Queue. Grys-en-swart syserp met luiperdvelmotief om die enkels gebind (R145 elk), Me Jane.

* Top: Een grootte pas almal
* Broek: S – XL