FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Ons hou van

Julia Roberts se rok: JA of NEE?

Dié 45-jarige aktrise het onlangs in dié Ellie Saab-skepping by die Hollywood Film Awards verskyn. Julia het by dié spoggeleentheid die toekenning vir die beste byspeler in haar nuwe fliek August: Osage County ontvang. Is dit dalk ’n aanduiding dat sy n Oscar ook kan inpalm?

Nou kan jy jou mening gee – is dié rok ’n treffer of ’n flop?

Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

Julia R2

Julia tydens die Hollywood Film Awards
(Foto: Instagram)

Wat sê ons styl- en sosiale redakteur Fanie Cronjé?

Ek hou van die rok – dit pas by dié seisoen se trends. Dit is wit, met blompatrone, lang moue en kom tot net bo die knie. Daarom verstaan ek hoekom Julia dit gekies het. Maar ek dink wel sy lyk groter in die rok as wat sy eintlik is.

Julia R3

Julia is bekend vir haar mooi bene, veral haar kuite!
(Foto: Twitter)

Tydens haar bedankingstoespraak kon sy nie uitgepraat raak oor haar man, Danny Moder, se ondersteuning en motivering nie. “Dis hý wat my sover gekry het om op die vliegtuig te klim om dié fliek te gaan skiet. Hy het my opnuut in myself laat glo. Danny Moder, ek is lief vir jou.”

Van die ander bekendes wat ook met toekennings weggestap het, was onder meer Matthew McConaughey, Sandra Bullock en Jake Gyllenhaal.

Bronne: People Magazine en The Hollywood Reporter

 

 

 

  • Marna

    Ek hou baie daarvan, kan dalk net om die middle ingevat word. ;)

  • Jolene

    Ek hou nie daarvan nie. Dis nie baie vleiend nie.