julia_roberts
Ons hou van

Dra tekkies soos Julia Roberts s’n in ‘Eat Pray Love’

As jy verlief geraak het op haar tekkies in Eat Pray Love, sal jy bly wees om te hoor dat dié Franse seilskoen ook in SA beskikbaar is. Kate Moss en Cameron Diaz het ook hul eie paar wanneer hulle gemaklik-stylvol wil lyk.

‘n Seilskoen sonder enige patroon sal jou R500 uit die sak jaag, terwyl een met patrone R790 kos.

Vir meer inligting oor jou naasste Bensimon-verskaffer skakel 011 513 3096.