FOTO: Eva Longoria (Instagram)

Ons hou van

Juweliersware van koeëldoppies? Beyoncé, Justin en kie sê ja

Wat het Jamie Foxx, Beyoncé, Justin Bieber, Eva Longoria, Bruno Mars, Stevie Wonder, Ben Affleck en Matt Damon gemeen? Hulle dra juweliersware uit leë koeëldoppies gemaak word, en waarvan die opbrengs vir ‘n goeie doel is.

Die ontwerper van die juweliers-reeks, die Israeli Rafi Anteby, het nadat een van sy vriende in Suid-Afrika doodgeskiet is, besluit om iets te doen vir die bewusmaking van skietgeweld. Só het Bullets4Peace ontstaan.

 

Bullets4Peace se Vrede-hangertjie met Swarovski kristalle aan die puntHy gebruik leë koeëldoppies van regoor die wêreld as die basis vir sy unieke juweliersontwerpe. Dié doppies word versier met Swarovski-kristalle, metaal motiewe én patrone. Op hierdie manier verhoed hy dat dié koeëldoppies weer gebruik word – iets wat baie gebeur om onwettige koeëls te vervaardig.

Eva Longoria dra die Bullets4Peace armbandjie

FOTO: Rafi Anteby (heel links) en  Eva Longoria dra die Bullets4Peace armbandjie (Instagram)

Bullets4Peace-hangertjies is ook nou in Suid-Afrika beskikbaar. Skakel 082 920 1191 vir meer inligting.

Die regte manier om ’n lang hangertjie te dra

  • As die bokant van jou uitrusting alreeds besig is met patrone, dra net een hangertjie om jou nek
  • ’n Eenvoudige top soos ’n T-hemp laat jou toe om met verskillende lengtes te speel.
  • Speel met verskillende style halssnoere. Jy kan ’n vroulike blom-hangertjie saam met ’n militêre-styl (soos ’n Bullets4Peace-hangertjie) dra. Die glans of die kleure in jou hangertjies sal mekaar aanvul.

Die militêre trend

sr1305modehoof_1_

Die militêre styl wat die winter se groot mode-trend was, is nog lank nie verby nie. Die groene en bruine van winter, kan net so in die somer gedra word!

Kry jou militêr-geïnspireerde modes in die SARIE-winkel:

(klik op die naam om te koop)

Soft pants en Camo-print shirt with studs

Sequin-pocket top en Knit tunic

Dress with gold band en Asymmetrical top