FOTO: Gallo Images / Getty Images

Ons hou van

Kate blom in pastelle

Kate, of Catherine, hertogin van Cambridge, het onlangs weer bewys dat sy verdien om beskou te word as ‘n mode-ikoon, toe sy by die koninklike Garter-parade by Windsor-kasteel geskitter het in ‘n liggeel rok van Alexander McQueen en hoed van Jane Corbett. Sy het dieselfde uitrusting omtrent ‘n jaar gelede aangehad by ‘n ander geleentheid, en wys ons dat sy nie skaam is om dieselfde item twee keer te dra nie.  
 
Ewe stralend aan haar sy was Prins Charles se vrou Camilla, en Sophie, die vrou van Prins Charles se broer Edward, Graaf van Wessex. Camilla het lieflik gelyk in ‘n roomwit rok van Anna Valentine en hoed van Philip Treacy, terwyl Sophie ligpienk gekies het. Die drie het almal soortgelyke vleeskleurige hofskoene gekies om hul uitrustings gesofistikeerd af te rond. 
 
Pastelkleure maak weer ‘n groot verskyning vir somer 2012. Bekende ontwerpers soos Louis Vuitton, Marc Jacobs, Oscar de la Renta, Miu Miu en Lanvin is dol oor die pastel-gier.
 

Neutrale-kleur blinkleer hakke (R320), Foschini

Blinkleer-hakke
R320
Foschini
Beskikbaar vanaf Augustus in winkels

  • Anet

    Al drie lyk baie mooi. Kate het vir ‘n jaar lank gedoen wat enige vrou wat in die koninglike familie in trou behoort te doen en dit is om die toekomstige koning nie te oorskadu nie maar ek is bevrees die mode tydskrifte gee nie veel om oor haar huweliksgeluk nie nee, hulle soek nog ‘n Diana wat hulle tydskrifte en modes vir hulle kan verkoop en sy is besig om dit nou vir hulle te begin doen. Hoe meer sy die aandag en etiket om die nek "mode-ikoon" gaan geniet hoe skraaler word die kans dat sy kan terugdraai maar wat gaan dit haar op die ou end kos. William nes Charles is die prinse en al is jy ‘n man hou geen mens daarvan om tweede viool te speel nie.