Ons hou van

Kate Middleton: Die koningin van styl doen dit weer

Dié silwer rok van die Britse ontwerper Jenny Packham was haar keuse vir ‘n liefdadigheidsdinee wat gisteraand by die St James-paleis in Londen gehou is. Die Griekse snit met sy ruim, elegante voue, is uiters vleiend.

Natuurlik het dit die skindertonge ook weer laat klap. Daar word mos hoeka bespiegel dat Kate ‘n afspraak met die ooievaar het …

Intussen hou die paleis vol dat daar op dié stadium geen aankondigings is om te maak nie.

  • H Lambert

    Ai watte ‘n pragtige koningin van STYL is sy nie, Het geweet sy sal die wëreld se voete onder hul uitslaan! Sy pragtig en mens kan net trots op haar wees met Respek!!!

  • TANJA

    SY IS SOWAAR ‘N STYLVOLLE, PRAGTIGE MENS, BINNE EN BUITE. DIANA SAL BAIE TROTS GEWEES HET OP HAAR SKOONDOGTER!

  • P. Machelm

    sy is pragtig ek hou van die pragtige rok dit vertoon haar fietse lyfie so mooi en sy is inderdaad ‘n pragtige mens want wat binne is straal na buite, doen ook die werk wat Diana gedoen het en dis so ‘n mooi gebaar. Sy en die prins is die ideale paartjie. Mooi so ek bid net die seën van die Hemelse Vader oor hulle toe.