katemiddleton_getty
Ons hou van

Kate Middleton se nuutste modetreffer

Kate het haar modevoetjie weer mooi neergesit toe sy en Prins William vroeër vandag (29 September) die Kankereenheid vir kinders by die South London’s Royal Marsden-hospitaal geopen het. Sy het ‘n ligte roomkleurige knielengte rok deur een van haar gunsteling ontwerpers, Amanda Wakeley, gedra. Daarby was ‘n sjiek hoëhakskoen van die Britse winkelgroep, L.K. Bennett, die perfekte pasmaat.

Kate is al bekend vir haar voorliefde vir uitrustings wat sy in winkels eerder as by ontwerpers koop. Sy skroom ook nie om haar klere weer te dra nie, wel in nuwe kombinasies. Beslis die regte boodskap om in moeilike ekonomiese tye uit te dra!

Dink jy sy is ‘n styl-ikoon?

  • Wilna Lambrechts

    Kate se roomkleurige rok is net eenvoudig te eenvoudig. En die skoene is ook nie iets om oor huistoe te skryf nie. As sy nie ‘n perfekte figuur gehad het nie, sou die rok ook nie reg gewees het nie. Die rok is eintlik oudmodies, en dis moeilik om te glo daar is ‘n ontwerper betrokke. Dit lyk eerder na "off the shelf" wat opgekikker moes word met iets bo-oor of ‘n serp. En die skoene is so "plain". As die skoene bietjie "out of the box" was, kon die eenvoud van die rok bietjie oorgesien word. Miskien moet sy bietjie by Rage kom kyk vir skoene wat ‘n "statement" maak. En dit is nie eers duur nie. Haar kleredrag laat haar lyk asof sy oor twintig jaar presies soos die koningin gaan aantrek. Verbeeldingloos.

  • cecilia behrens

    Kate is pragtig! Sy is natuurlik en platvoet op die aarde.William behandel haar met die grootste respek en sy vir hom.Ek dink hulle is n pragtige paartjie.Sy trek aan sonder om doelbewus aandag te trek.Sy is vir my baie nederig in haar kleredrag.Ek dink nie sy gee die modetoon so aan sy Prinses Diana nie.

  • Taschja

    Ja, sy is ‘n styl ikoon! sy is grasieus en pragtig ongekunsteld en vriendelik – wat meer wil jy he?! Enige mens kan hier en daar ‘n mode flater begaan, maar dis die "overall look" wat saak maak, sy sal tot ‘n going sak laat mooi lyk!

  • Chantelle

    Suur druiwe, Wilna? Nee wat, ek dink Kate is pragtig. Eenvoud is stylvol. Uiterstes is ook nie mooi nie, kyk maar na Lady Gaga….

  • Rene du Toit

    Sowaar ‘n voorbeeld van uitmuntende smaak! As ek nog ‘n tiener was, sou ek verseker ‘n plakboek van haar fotos gemaak het!

  • Elzabe Meintjes

    Haar persoonlikheid is stunning enough. Sy het nie klere nodig om haarself te definieer nie. Sy sal goed lyk met ‘n goiingsak.

  • Isabella Niehaus

    Sy’s stunning….simplisties sonder geire en geite!

  • Susan

    Sy is ‘n pragtige mens met baie styl. Sy weet hoe om aan te trek om haar omstandighede, ouderdom en figuur te pas.

  • Una

    Ai Wilna, jou taalgebruik laat my dink jy weet ook nie veel van mode af nie. Styl en eenvoud word nie opgekikker of aangekoop nie, jy het dit of jy sit die pot ver mis! Al gehoor van minder is meer???