katemiddleton_peplum_getty
Ons hou van

Kate Middleton stylvol aan die Koningin se sy

Vir die afskop van vieringe om Koningin Elizabeth se 60ste jaar op die troon, die Diamond Jubilee, te vier het styl-ikoon Kate Middleton gister (8 Maart) in Leicester ál die aandag getrek – veral vir haar keuse om ‘n modieuse, maar klassieke uitrusting van een van haar gunsteling-winkels, LK Bennett, te dra. Sy het in die afwesigheid van haar man, Prins William, haar plek stylvol langs Koningin Elizabeth en die Hertog van Edinburgh volgestaan.

Die juweelkleurige skakering van die uitrusting is een van die grootste modetrends van die seisoen. Ook die kort peplum-baadjie (valle aan die onderkant) wat sy bo-oor gedra het. Die vroulike peplum is selfs op die rooi tayte wêreldwyd te sien, soos Michelle Williams se koraalkleurige Louis Vuitton-skepping van vanjaar se Oscars en is ‘n goeie keuse om vroulike kurwes te beklemtoon.

Die toekomstige Koningin van Brittanje het erken dat sy haar prins “geweldig baie mis”. Prins William doen vir ses weke lank diensplig in die Falkland-eilande aan die kus van Argentinië. Die twee sal op 29 April hul eerste huweliksherdenking vier.

WAT DINK JY VAN KATE SE NUUTSTE UITRUSTING?

  • Erika Marnewick

    Kate Middleton is sowaar ‘n aanwins vir die Koningings-huis. Na Diana was daar nie weer ‘n stylvolle vrou in die Koningings-huis nie. Prins William kan sowaar trots wees op haar!

  • Jolandie

    Sy lyk pragtig. Ek dink prinses Diana sou so trots op haar seun se vrou gewees het!!!

  • marianne

    Pragtig! Maar asseblief Sarie, sy is lankal nie meer KATE MIDDLETON nie!!

  • Mimi Engelbrecht

    Briljante keuse! Baie vroulik en stylvol!

  • Anneli

    DIe kind is totaal anoreksies!! Is daar al weer te veel druk op die vrou va die prins?

  • Karin

    Sy is regtig BAIE oulik!!!!!!!!!!!!!! Sy lyk altyd mooi!

  • Rina Holtzhausen

    Kate is pragtig en stylvol. Diana sou baie trots gewees het op haar. Sy gee nuwe lewe aan die koningshuis wat maar baie valerig voorkom.

  • Riana

    Sy is pragtig sy glimlag altyd

  • Elmarie

    Ai tog met my Suid Afrikaanse HEUPE sal ek nog nooit die styl kan dra nie! Dis ‘n pragtige kleur en sy lyk regtig stylvol. En, nee wat, sy lyk glad nie anoreksies nie!! Sy is mos maar skraal gebou!

  • helene vandermerwe

    soveel styl – soveel sjarme – die britse koninggesin kan trots wees op die jong vrou van die toekomstige koning …

  • Estelle Swanepoel

    stylvol,elegant altyd glimlaggend ontspanne; goeie keuse wat Prins William gemaak het en Diana sou so trots op haar skoondogter vandag gewees het!

  • RIA LOURENS

    DIE EERSTE ‘STYL’ NA DIANA IN DIE KONINGSHUIS. SY IS PRAGTIG EN OF DAAR NOU VERWYS WORD NA KATE MIDDLETON – WAT IS HAAR VAN PER SLOT VAN SAK – MOOI BLY MAAR MOOI EN STYLVOL BLY STYLVOL. DIE SOLORT KLERE WAT EK IN MY ‘JONG DAE’ SOU KON DRA EN BESLIS MY STYL.

  • Edna Serra

    Ek het lanklaas so ‘n stylvolle jong vrou gesien.Ek wens meer jong dames wil haar voorbeeld volg !