FOTO: Anna Wintour, Sir Philip Green, Kate Moss en Brandon Green by die Topshop-modevertoning by die Londense modeweek (Instagram)

FOTO: Anna Wintour, Sir Philip Green, Kate Moss en Brandon Green by die Topshop-modevertoning by die Londense modeweek (Instagram)

Ons hou van

Kate Moss se klerereeks ook in SA beskikbaar

Die bekende model Kate Moss gaan weer saamspan met die Britse klerewinkel Topshop om haar eie reeks te ontwerp, maar dié keer is dit ook in Suid-Afrika beskikbaar! 

Kate het die eerste keer in 2007 saam met Topshop ’n klerereeks ontwerp wat deur haar eie klerekas geïnspireer was. En toe, ná 14 reekse het sy en Topshop in 2010 besluit om ‘n breek te neem.

En nou is die Kate Moss Collection terug vir Somer 2014. Kate is reeds besig om saam met haar stillis-vriendin, Katy England, en Topshop se kreatiewe direkteur, Kate Phelan, aan dié reeks te werk.

Met Topshop-winkels in 40 lande wêreldwyd én ‘n aanlynwinkel wat 24 uur oop is, kan enigiemand nou Kate se klere dra.

Hierdie samewerking spruit uit beide Sir Philip en Kate se idees om Londen te vestig as ’n mode-voorloper. Hierdie reeks sal in April 2014 bekendgestel word en ons is seker dit sal met net soveel opgewondenheid gegroet word soos haar vorige reekse vir dié  klerewinkel.

Topshop en Edgars

Topshop het onlangs sy deure hier in Suid-Afrika oop gemaak en daar is winkels tans in Sandton City (Johannesburg), Gateway (Durban) en die V&A Waterfront (Kaapstad). Nóg twee Topshop-winkels kom na SA. Topshop het aan die einde van September ‘n reeks in die Edgars by Canal Walk (Kaapstad) bekendgestel. Edgars is bekend vir hul winkel-binne-winkel-konsepte en Topshop is die nuutste handelsnaam wat binne binne Edgars te koop sal wees. Die Menlyn-inkopiesentrum in Pretoria sal aan die einde van Oktober ook ’n Topshop-binne-Edgars hê.