lottiemossbyandreacarterbowman7
Ons hou van

Kate Moss se kleinsus volg in haar voetspore

Die oë van die wêreld is op die 13-jarige Charlotte Moss gevestig ná haar eerste belangrike fotosessie by die Britse fotograaf Andrea Carter-Bowman. (Dié gesoute fotograaf tel Elle, Vogue, Marie-Claire, L’Oréal en Emma Watson onder haar kliënte.) Die dromerige oë, wilgerlatlyfie en deurmekaar hare, so kenmerkend van Kate, is duidelik te bespeur …

Carole White, stigter van Premier Models (wat onder andere Naomi Campbell se loopbaan aangewakker het) noem Lottie vars en beeldskoon. Die perfekte Engelse roos, sê sy. 

Die modelagentskappe staan tou om haar op hul boeke te kry, maar blykbaar hou haar ouers voet by stuk dat sy eers op die ouderdom van 14 voltyds modelwerk mag begin doen. Kate (37) was self 14 toe sy dié paadjie begin stap het.

Intussen sit ons in afwagting om te sien of Lottie die modeprinses word wat Kate is.

* Klik hier vir nóg foto’s van Andrea Carter-Bowman.