FOTO: Kate Winslet op die voorblad van Vogue se November 2013- uitgawe

Ons hou van

VIDEO: Kate Winslet voel ook soms onseker oor haarself

Die mode-tydskrif Vogue se Amerikaanse weergawe skiet met elke voorbladster ’n oulike kort video om dié ster se menslike kant ook te wys. En vir hul eerste video in dié reeks het hulle die Oscar-bekroonde aktrise Kate Winslet gekies. En wie sou kon raai – sy is maar net so onseker oor haarself soos die meeste van ons …

Kate Winslet se Vogue-voorblad (hooffoto) het baie opinies uitgelok, omdat dit kwaai onder die Photoshop-kwas deurgeloop het. Die foto’s van swanger Kate binne die tydsrkif is asemrowend mooi.

FOTO: VOGUE

FOTO: Mario Testino vir VOGUE

Maar dit is die video wat ná die fotosessie opgeneem is, wat ons harte gesteel het. Die regisseur van dié kortfilm, Matthew Frost, wou juis Kate se menslikheid en eerlikheid vasvang. Die joernalis in die kortfilm vra vir Kate wie die beste aktrise van alle tyd is. Die film wys Kate se interne dialoog en onsekerheid oor dié antwoord.

Kate is die eerste voorbladster wat só ’n oulike video het. Vogue se Desember voorbladgesig, Jessica Chastain, bevind haarself weer in ’n heel ander situasie, maar haar menslikheid kom ook na vore – kyk haar snaakse video HIER.

Kry Kate se baadjie in die SARIE-winkel!

Ons is mal oor die wit baadjie wat Kate in dié film dra. Dit is klassiek, stylvol en baie sjiek. Ons het ’n soortgelyke baadjie in die SARIE-winkel opgespoor.

Soft Draped JacketSoft draped jacket