11c_11_1104_klu
Ons hou van

Konings van glans

Malcolm Klûk en Christiaan Gabriel du Toit is veral gewild onder hul kliënte weens hul ongelooflike aandrokke en trourokke. Die twee het al heelwat bekendes se trourokke ontwerp, soos dié van Vanessa Carreira (Mej. Suid-Afrika 2001) en Bridget Kemp (vrou van die krieketspeler Justin Kemp). Lees meer oor KLûK CGDT se ander groot kliënte en by watter modeweke regoor die wêreld hulle al modevertonings gehou het – dis alles in ons gratis aanlyn-tydskrif.
Ongelooflik in pastelkleure'n Kantromp

Behalwe vir hul ongelooflike rokke, ontwerp hulle ook elke seisoen ’n ready to wear-reeks wat groot volgelinge het. Met die fokus op ontwerp dié week, val die oog juis op hul pragtige blompatroonjas wat ook in SARIE-winkel beskikbaar is.
Trofee-jas (R3 400), KLûK CGDT
KLûK CGDT vertoon hul winter 2012-reeks op 8 Maart 2012 om 20h00 by die Mercedes Benz Modeweek Johannesburg 2012 by Hyde Park Corner.