FOTO: A Pea in the Pod

FOTO: A Pea in the Pod

Ons hou van

Swanger Hollywood-aktrise se swangerskapstyl

Die swanger aktrise Jennifer Love Hewitt het ’n gaping in die mark gesien vir  gemaklik, stylvolle kraamdrag. En toe ontwerp sy sommer haar eie reeks.

2013 was die jaar van die baba-boep en swangerskapstyl was op almal se lippe. Van die über-stylvolle Kate Middleton tot die nie-altyd-so-stylvolle Kim Kardashian. Dan was daar ook Minki, Shakira, Fergie, Kate Winslett en nou ook Karlien van Jaarsveld.

Fanie Cronjé, SARIE se styl- en sosiale redakteur, het vroeër vanjaar oor die swangerstyl van Kate Middleton en Kim Kardashian geskryf. Hy sê dat baie celebs ’n swangerskap soos ’n trend hanteer, maar nie almal kry dit reg om die (styl)spyker op die kop te slaan gedurende dié 9 maande nie. (Lees sy blog hier.)

FOTO: Jennifer Love Hewitt in haar klerereeks vir A Pea in the Pod (A Pea in the Pod)

FOTO: Jennifer Love Hewitt in haar klerereeks vir A Pea in the Pod (A Pea in the Pod)

Die 34-jarige aktrise Jennifer Love Hewitt is een van die celebs wat op haar swangerskap gekapitaliseer het. Sy het saam met die klerewinkel A Pea in the Pod haar eie kraamdrag-reeks ontwerp wat gemaklik, prakties én stylvol is – iets wat volgens haar nie vollop voorkom nie.

Fanie skryf dat Kim Kardashian ’n slegte voorbeeld van swangerskapstyl was, want sy het nie volgens haar ouderdom aangetrek nie, sy het nie gemaklik gelyk in haar stywe klere nie en dit het ook gelyk asof sy nie lekker gevoel het nie. “Dis ten minste drie goed wat jy móét wees as jy aangetrek is,” meen hy.

Dit lyk vir ons of Jennifer Love Hewitt hierdie resep volg, want haar reeks lyk stylvol, gemaklik en die belangrikste van als: dit pas haar swanger lyf mooi. Sy probeer nie haar baba-magie onder groot los klere verbloem nie, maar druk haar lyf ook nie in stywe klere in nie.

Wat doen sy reg?

  • Sy kies materiale wat rekbaar is en gemaklik om haar lyf pas
  • Jennifer kan maklik beweeg in haar klere en word nie daardeur beperk nie
  • Sy kies nie trends nie, maar eerder klassieke en tydlose silhoeëtte
FOTO: Jennifer Love Hewitt in haar klerereeks vir A Pea in the Pod (A Pea in the Pod)

FOTO: Jennifer Love Hewitt in haar klerereeks vir A Pea in the Pod (A Pea in the Pod)

Ons SARIE-winkel verkoop ook nou kraamdrag – kyk, klik koop!

(klik op die naam op die item te koop)

Aztec-printed dress en Classic wrap dress

Sequined drape dress en Flutter sleeve drape

Dip-dyed maxi dress en Royal blue dress

BRON: E! Online