kant
Ons hou van

Kragies en kant á la Valentino

Dit is kant en klaar besluit: kant en kragies móét die jaar in jou klerekas wees!

Valentino se herfsreeks is vol van dié vroulike detail. En die inspirasie daarvoor? ’n Bekende 17de-eeuse skildery van die Nederlandse meester, Vermeer.

‘The Girl with the Pearl Earring’ het oor die eeue die verbeelding van talle kunstenaars aangegryp en nou ook vir Maria Grazia Chiuri en Pierpaola Piccioli, die ontwerpers van Valentino, inspirasie gebied, berig Style.com.

Soos Vermeer in sy skilderkuns, het die ontwerpers die fokus op die vrou se gesig laat val.

Valentino se kragies met die fyn kralewerk is uniek in dié sin dat dit met lasers gesny word. Dié wit krae is by Valentino se reeds bestaande style gevoeg om die bekende silhouette ’n nuwe gevoel te gee.  

Die kant is sag en vroulik met fyn detail soos wat van Valentino verwag word. Die kant-rok met tulpe-borduurwerk is een van dié reeks se hoogtepunte.

Gaan besoek sarie.com en vul jou klerekas aan met Valentino geïnspireerde items soos hierdie:

Die kraag-trend

Besoek sarie.com vir nóg kant en kraag-kopies!