FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Ons hou van

Kristen Stewart – supersexy op die rooi tapyt

Een van Hollywood se mees geliefde paartjie is weer saam ná Kristen se affair met haar Snow White and the Huntsman-regisseur, Rupert Sanders, vroeër vanjaar. Vir Twilight-aanhangers kan dit nie ‘n beter afsluiting vir die Twilight-reeks wees nie!

Vir die langverwagte première het Kristen (22) witwarm gelyk in haar gewaagde Zuhair Murad-rok met ‘n goue korset en panele van chiffon en deursigtige kant. Haar lang bruin lokke het in ware ou-Hollywood-styl oor die een skouer gehang. En die rooipienk lip was die perfekte afronding van hierdie voorkoms.

Kêrel Rob (26) het net so stylvol gelyk in ‘n groen, geweefde snyerspak van Gucci. Wonder of dit gekies is om by Kristen se groen oë te pas . . .

* Twilight Breaking Dawn Part 2 begin Vrydag 16 November 2012 in Suid-Afrika draai. Bespreek vir ‘n spesiale voorskou Donderdag 15 November!

Kristen en Rob Pattinson weer saam


  • Monica

    Hy moet sy kop laat lees! Simpel rok,gelukkig het sy n panty aan.

  • Zelda

    Ugh ja! As mens nou regtig SO moet aantrek net om jou man te behou dan gaan dit maar sleg! Ek is nie pretus nie, mooi is mooi maar KOMMIN is KOMMIN. As hy nou rgetig haar vergewe het en alles is nou weer reg hoef sy haarself regtig nie so uit te stal net om hom t eplesier nie wat!

  • Lizelle

    Ek dink sy lyk absoluut stunning van kop tot tone!

  • Lizelle

    Ek dink Zelda en Monica slaap seker met sweetpak broeke!!!!

  • Wally

    Bly maar n sexy chick!

  • Mika

    Ek dink hulle 2 het pragtig gelyk. Jaloesie maak ‘n mens lelik hoor……..

  • Jakkie

    Sy het klein boobs. Net bietjie groter tiete en dan sal almal haar dop gehou het.

  • Lanecia

    Ek moes lag vir Monica! Ja wat, mooi is mooi en" classy" is "classy" en daar is ook ‘n baie fyn lyn tussen "classy" en "common". So bietie been en lyf wys is goed as jy dit kan bekostig maar ag nee wat geheel deursigtig – daardie fyn lyntjie is beslis oorskry!

  • Elizabeth

    Lizelle, nou wat het "slaap met sweetpakbroeke" nou te doen met hoe Kristen se uitrusting te doene? Ai man! Rok is mooi maar ek dink ook net die suggestie van deurskyn is altyd mooier as te veel wys. Elkeen maak maar soos hy/sy goed dink en ons gewone plebs mag sekerlik maar se hoe ons voel oor die Hollywood-klomp se styl en dinge – hulle is mos in die kollig en moet dit maar verwag wat! So laat ons nou nie MEKAAR aanvat as ons nie dieselfde oor mekaar se kommentaar voel nie!

  • Elizabeth

    Wou ook nog noem ek is gek oor haar hare en grimering – laat my dink aan "ou Hollywood" se sterre!