Ons hou van

Leerbaadjies

Die moderne aanslag van die leerbaadjie maak dit so veelsydig dat jy dit gemaklik van dag tot aand kan dra. Dit is perfek vir winter oor ‘n skemerkelkie-rok, en hierdie voorkoms is veral gewild onder die jongelinge van Hollywood, soos Vanessa Hudgens. Plaaslike mode-ontwerper David Tlale het ook spesiaal leerbaadjies ontwerp vir Luella. As jy nie die ware jakob kan bekostig nie, wees op die uitkyk uit vir kunsleerbaadjies by TRUWORTHS, YDE en ander kettingwinkels.

Vir meer inligting oor David Tlale se leerbaadjies by Luella, kontak: 021 937 5987.

Amelia Earhart-inspirasie uit SARIE Maart 2010-uitgawe

Amelia Earhart inspirasie