Ons hou van

Michelle Obama in daai rooi rok!

By vandeesweek se hoof-bevelvoerdersbal het sy vir die tweede keer ’n skepping van Jason Wu gekies. Die eerste keer was vir haar man, Barack Obama, se intreerede in 2009. The Daily Beast berig dat Wu se onderneming kort hierna nuwe hoogtes bereik het.

Om hierdie rede het mense bespiegel dat sy dié keer ’n ander, minder bekende ontwerper sou kies. David Yermack, finansiële professor by New York Universiteit, meen egter haar besluit is in die kol.

Dit was ’n berekende besluit om Wu te dra. The Daily Beast berig dit wys dat Michelle bekostigbare pryse in die modebedryf ondersteun, want Wu het onlangs ’n nuwe, meer bekostigbare reeks, Miss Wu, bekend gestel. Verder is Wu is ’n privaatonderneming. Dit beteken dat haar invloed op die modebedryf nie direk in die aandelebeurs weerspieël sal word nie: ’n Opskrif soos “The Billion-Dollar First Lady” is dalk nie wat sy sou wou hê nie.

Só kom mens agter wat alles in ’n rooi aandrok skuil!