curve_id._bootcut_skinny_2
Ons hou van

Levi’s se nuutste denim – Pas aan by jóú kurwes

Die denim is al jare lank ‘n gunstelling in almal van ons se kaste.  Van loopplanke tot rock-konserte, selfs daai belangrike afsprake, die denim was al oral, en is verseker die veelsydigste item in jou kas. Bootlegs, nou-pype, wye pype en kêrel-denims, daar is een vir elke smaak en styl. Maar Levi’s het sopas hul nuutste reeks bekend gestel, en die keer is die denims so ontwerp om nie net aan te pas by jou styl nie maar ook by jou eie unieke kurwes.

Anders as ander denim handelsname, is Levi’s se fokus nie op op ‘n vrou se grootte nie maar op haar bou en proporsies.  Levi’s se ontwerpers het ‘n studie gedoen van meer as 60 000 vroue se liggaams skanderings – só het hulle vir elkeen ‘n nommerpas denim ontwerp deur om te kyk na die verskil tussen die heup en sitvlak grootte – hoe groter die verskil, hoe meer kurwes het die vrou.

Curve ID Bootcut Skinny, is ontwerp vanaf die bootleg denim, maar is nouer gemaak om die bene en klok uit by die enkels vir ‘n verlengende, slank en vroulike “look”.

Daar is 4 verskillende snitte in die Curve ID Bootcut Skinny:

Slight Curve – Gracefully Straight

Demi Curve – Elegantly Hourglass

Bold CurveBeautifully Curvy

Supreme Curve – Dramatically Contoured

Levi’s® Curve ID denims is landwyd in Levi’s winkels beskikbaar.  Elke winkel het ‘n opgeleide kenner wat elke vrou kan help om die perfekte denim te vind.

Vir meer inligting besoek hul webwerf by www.levi.co.za/dfr