oriel_barnard
Ons hou van

Lisp se illustrasies

Dié unieke Suid-Afrikaanse etiket word gekenmerk deur rock n roll-invloede soos die Rolling Stones, Jimi Hendrix, The Doors en Blondie, gekombineer met styl-ikone soos Kate Moss, die Olsen-tweeling en Daisy Lowe. Sy wys ook dat haar inspirasie spruit uit die Suid-Afrikaanse jeugkultuur en die manier waarop mode ontwikkel en vorder.

Oriel se illustrasies is die beginpunt van haar ontwerpproses. Sy deel nou graag dié tekeninge met potlood en Copic Markers op papier met die publiek.

Die oorspronklikes, asook afdrukke van die illustrasies, is te koop by Lola’s in Langstraat, Kaapstad. Haar klerereeks is te koop by The Hidden Boutique in Hoopstraat, ook in Kaapstad. Besoek gerus haar webwerf by www.lisp.co.za

  • hannah

    Pragtig. Inspirerend. Ons gaan nog baie meer van hierdie talentvolle en kreatiewe jong ontwerper sien.

  • mari

    inspirerend en wow!