Ons hou van

Louis Vuitton speel pop…

Louis Vuitton laat mens altyd in verwondering oor die stylvolle, kreatiewe manier waarop hulle dinge aanpak – dié keer ‘n reeks papierpoppe deur Keri Hess geskep en toegerus met uitgesoek-items uit die Lente/Somer 2013-reeks en enkele items uit die Icons-reeks van dié modehuis.

Laai dié papierpoppe direk van hul webtuiste, www.louisvuitton.com, af. Só kan jy self stilis speel vir een van die grootste modehuise ter wêreld en jou ‘pop’ opdollie sonder dat dit jou ‘n sent uit die sak jaag. Geniet!
Benader die staatmaker denim met innovasieDie Louis Vuitton Cruise Reeks: Lyk stylvol van Somer tot Winter

Die konsep agter hierdie innoverende veldtog is om die nuwe reeks op ‘n speelse en interaktiewe manier bekend te stel. 

KYK DIE VIDEO: Kim Hersov demonstreer hoe om items uit die nuwe reeks te meng en pas.