Ons hou van

Luella se samewerking met David Tlale

Tansbeskikbaar in 12 Luella-winkels: die nuwe beperkte uitgawe David Tlale-versameling!

In die reeks is daar 6 skoenstyle en 2 handsakke. Die skoene kom in leer en satyn. Pryse wissel tussen R999 en R1 599 vir die hakke, en die leer-handsakke kos R1 999 tot R2 299.

Vandat David Tlale in 2003 sy loopplank-debuut gemaak het, het hy plaaslik en internasionaal (ook by die New York-modeweek) naam gemaak. Sy interessante gebruik van materiale, kleure en teksture is te sien in hierdie reeks skoene en handsakke. 

David Tlale se ontwerp-filosofie: Life is an occasion; celebrate it in pure indulgence of elegance and style.” Maak David se filosofie deel van jou lewe met ‘n item uit hierdie reeks.

Vir meer inligting skakel 011 214 2700 of 021 938 7854.