Ons hou van

Lyk soos ’n prinses

Die Deense prinses Mary en kroonprins Frederik is tans op toer om die Deense leefstyl te bevorder om beter handelsooreenkomste te smee.

Hulle was gister in München waar prinses Mary pragtig gelyk het in haar langmou wit top – ’n alternatief vir die stylvolle wit hemp. Ons is ook mal oor haar hakke met interessante patroon!

FOTO: Franziska Krug / Getty Images for ECCO

FOTO: Franziska Krug / Getty Images for ECCO

 

Kry haar voorkoms in die SARIE-winkel binne Spree

Wit top

Midi-romp

Interessante hakskoene 

Dié koninklike paartjie gaan tydens hul Europese toer uitbrei oor ’n volhoubare leefwyse wat argitektuur, elektrisiteitsverbruik, gesonheidsorg en voeding insluit.

Mary en Frederik het 4 kinders; Christian (9), Isabella (8) en die tweeling Josephine en Vincent (4).

FOTO: Facebook Denmark.dk

FOTO: Facebook Denmark.dk