sr1103modedps_3_
Ons hou van

Tydlose mode-items is ‘n belegging

SNYERSBAADJIE

 Dra ’n baadjie in ’n klassieke snit bo-oor ’n rok vir die koeler herfsdae soos gesien tydens Diane von Furstenberg se herfs/winter 2011-reeks by die New York Modeweek.

BROEKPAK

 ’n Goeie broekpak is lekker veelsydig. Dra dit net so of meng en pas die broek en baadjie met ander items. Dié een is gesien tydens Mango se herfs/winter 2010/2011-vertoning.


Aandbaadjie

Aandbaadjie
Of dit nou wit of swart is, ’n tuxedo-baadjie is perfek om ’n daguitrusting vinnig op te kikker vir die aand. Wit aandbaadjie R399, Miladys.
Groottes

32 – 44

Tydig

Tydig
’n Klassieke horlosie bly altyd in die mode. horlosie van vlekvrye staal met wyserplaat van perlemoenskulp R49 385, Chopard. soortgelyke horlosie R1 299, Fossil.

Outentieke Juweliersware

Outentieke Juweliersware
Waardevolle juwele is versamelstukke. Ring van 18 karaat goud met diamante en edelstene R171 000, Cartier. Soortgelyke vergulde ring R399, Sequoia.

Silhoeët

Silhoeët
Bekendes soos Gwyneth Paltrow en Oprah Winfrey glo hieraan. Beige vormdrag R689, the Body Wrap deur PDl Distributors.
Groottes

S – Xl

Pêrels Hakke

Pêrels
Vir oud en jonk. Varswaterpêrelarmband met witgoud R18 370 Jenna Clifford. ’n Soortgelyke armband van kunspêrels R180, Tessa Design.

Hakke
Volgens sarie.com besit meer as 40% van sarie-lesers 20 of meer pare skoene! Mooi hoëhakskoene gee houding aan elke uitrusting. Rooi hakskoen R599, Luella.

Plat Stewels Jeans

Plat Stewels
Dis ’n moet in jou kas. ’n Plat
stewel lyk ewe stylvol vir werk en naweek-gemak. Swart leerstewel R1 350, Froggies.

Jeans
Elke vrou behoort ’n paar jeans te besit wat goed pas en haar figuur vlei. Stewelpyp-jeans R1 799, Miss Me.
Groottes
31 – 37

Sonbril Leerhandsak

Sonbril
’n Gehaltesonbril met goeie lense beskermop die lange duur ook jou oë. plastiekraam-bril R2 660, Roberto Cavalli

Leerhandsak
’n Handsak van egte leer is nie goedkoop nie, maar altyd ’n goeie belegging. Kalfsleer-handsak R20 400, Louis Vuitton. Soortgelyke handsak R1 099, Green Cross.